Skip to main content
Books, videos, and music - all free from your public library!
LoginSign Up

Footer

Hoopla logo, Go to homepage
  • For Patrons
  • For Libraries (opens in new window)
  • For Vendors (opens in new window)
  • Facebook (opens in new window)
  • X (opens in new window)
  • Instagram (opens in new window)
  • YouTube (opens in new window)
  • TikTok (opens in new window)
  • LinkedIn (opens in new window)

Our Company

  • Our Story
  • Get Hoopla for your Library (opens in new window)
  • Get your content on hoopla (opens in new window)
  • Join our team (opens in new window)
  • Accessibility Statement

Our Content

  • Audiobooks
  • Ebooks
  • Movies
  • Television
  • Comics
  • BingePasses
  • Music
  • The Loop Blog

Help

  • Help Center
  • Submit Feedback
  • Facebook (opens in new window)
  • X (opens in new window)
  • Instagram (opens in new window)
  • YouTube (opens in new window)
  • TikTok (opens in new window)
  • LinkedIn (opens in new window)
  • Download on the App Store (opens in new window)
  • Get it on Google Play (opens in new window)
  • Available at Amazon Appstore (opens in new window)
© 2026 Midwest Tape, LLC. All rights reserved. Privacy Policy | Terms of Use
  • Hoopla logo
  • Browse
  • My Hoopla
  • Log In
  1. Navigate Home
  2. Ebooks
  3. Dwars

EBOOK

Dwars

Mymeringe Van 'n Gebleikte Afrikaan

Max du Preez
(0)
sign up
Pages
448
Year
2010
Language
Afrikaans
Publisher
Penguin Random House South Africa

About

Max du Preez het 'n helse storie om te vertel. Tydens sy loopbaan as 'n hardegat-joernalis is hy drie keer afgedank; sewe keer weens laster gedagvaar; dertien keer krimineel aangekla en het hy drie vliegtuigongelukke, twee sluipmoordpogings en 'n bomaanval oorleef. Hy was in Soweto op 16 Junie 1976, hy was ooggetuie van die losbandige partytjies van ministers tydens die apartheidsjare en het 'n sterwende soldaat se woorde in 'n Angolese dorpie aangehoor. Hy het die Vlakplaas-baas Dirk Coetzee in die oë gekyk en sy hele verhaal van die polisie se moordbendes gepubliseer. Toe hy self by Vlakplaas gaan kuier het, was hy gelukkig om lewendig daar weg te kom.

Max is bekend as die stigter en redakteur van die koerant Vrye Weekblad, vir sy weeklikse televisie-program oor die Waarheids-en-Versoeningskommissie en die program Special Assignment. Sy verhaal neem jou op 'n merkwaardige reis, van die teenstrydighede in die geskiedenis tot by die probleme en prestasies van die hede; van die gange van die parlement tot by die rooi duine van die Namib; van brandende townships tot by die geheime hoofkwartiere van klandestiene operasies; van Noord-Ierland en Oos-Duitsland tot in Bosnië en Rwanda; van die De la Rey-debat tot die Reitz-video-debakel. Hy sal jou aan generaals en guerrillas, presidente en sluipmoordenaars voorstel. Hy vertel dit alles in sy reguit, uitgesproke styl waarvoor baie hom bewonder, maar wat hom ook in die sop by die vorige en die huidige regimes laat beland het.

Dwars is 'n storie van groot drama, van die risiko's van ondersoekende joernalistiek in die voorste linies. Dit is omstrede, want soos gewoonlik is Max nie bang om bloot te lê wat ander wil verberg nie. Dit is vol insigte en gee 'n fassinerende ontleding van die politiek van suider-Afrika deur 'n bekwame joernalis wat dit eerstehands ervaar het.

Related Subjects

  • Military
  • Biography & Autobiography
  • Adult Nonfiction
  • Political

Artists

Max du PreezAuthor